SA Boerperd Horse Breeders' Society Namibia Club

 

SA Boerperd Namibia Club

Bestuur / Management:


Chairman / Voorsitter
Callie Swanepoel
E-pos / E-mail: namsaboerperd@gmail.com

 

Grondwet van Namibië SA Boerperd Klub

Doelstellings:

  1. Om 'n Namibiese identiteit en teenwoordigheid vir die SA Boerperd te skep.
  2. Om die belange van die SA Boerperd in Namibia te bevorder.

Lidmaatskap

  1. Enige persoon wat vereenselwig met die doelstellings van die Klub mag lid word.
  2. Aansoek om lidmaatskap moet skriftelik gedoen word op 'n wyse deur die Bestuur goedgekeur.
  3. Applikante moet onderneem om die reels / regulasies van die Klub te eerbiedig.
  4. Lidmaatskap sal bestaan uit gewone lede en junior lede. Junior lede sal nie stemreg he nie.

Beeindiging van Lidmaatskap

  1. Enige lid kan tel enige tyd uit die Klub uittree deur 'n skriftelike bedanking in te dien.
  2. Lidmaatskap verval outomaties indien ledegeld vir meer as een (1) jaar agterstallig is.
  3. Lidmaatskap van enige lid mag beeindig word deur 'n besluit op die algemene jaarvergadering of spesiale vergadering , indien 'n lid se optrede teenstrydig is met die reels regulasies en doelstellings van die Klub.

Finansies en Ledegeld

  1. Die finansiele jaar van die Klub sal van 1 Januarie tot 31 Desember wees.
  2. Ledegeld, soos van tyd tot tyd deur die algemene jaarvergadering bepaal, sal betaalbaar wees tussen 1 Januarie en 31 Maart elke jaar,
  3. Die Bestuur sal bymagte wees om alle inkomstes en uitgawes of in kontant of per bankrekening te hanteer, waarvan volledige verslag gedoen moet word.
  4. Die eiendom van die Klub sal aan die bestuur toevertrou word.

 

Ledelys / Member List

 

CONTACT US
   051 410 0958
    elize@studbook.co.za
         
SA Boerperd Society

COPYRIGHT © SABoerperd. WEBSITE, SEO & CMS BY QUICKSOLVE INTERNET