SA Boerperd Equitation

 

SA Boerperd Equitation

Morgans

Click on the link to open the article:


Terugkom verslag:

Maandag die 2de Julie kry 'n opgewonde groep kinders, bekommerde ouers en ontspanne George Borcherds my op die lughawe in Johannesburg. Ons almal se oë skitter van opgewondenheid oor ons Amerika avontuur wat voorlê. Na 'n paar benoude oomblikke oor tasse en sakke wat te swaar en te groot is, klim ons genadiglik betyds op die vliegtuig. Elkeen kry sy lekkertjies, sy kussinkie en sy sit, want vir 16uur gaan ons nerens anders wees as binne-in daardie vliegtuig nie. Lekker etes word bedien en die kinders sit vasgenael voor hul fliekskermpies, soms met n ongemaklike kreun en steun wanneer hulle n 10minute uiltjie probeer knip.

In Atlanta aangekom verloor ek die helfte van my span erens tussen die sekuriteits mense! En ek mag nie teruggaan om hulle te gaan soek nie; nota aan alle voornemende ruiters wat internasionaal wil deelneem: sorg dat jou perdry skoene silwerskoon is wanneer jy hul inpak. Riekie se gesig het boekdele gespreek nadat haar skoene uit haar tas gehaal is om die kleinste bietjie perdemis af te spuit, in n sak en so half nat terug in die tas in. Ons drink n vinnige koffetjie voor ons ons volgende vlug Cincinatti toe aanpak en lyk half verwese van moegheid terwyl ons nog n vliegtuig koekie eet en koeldrankie drink.

In Cincinatti verwelkom Gayle, Lappies, Bob en John ons met hul wonderlike spontane warmte en Uncle Bob, ons bussie bestuurder het ons in n oogwink by 'n MacDonalds vir n burger en chips. Daarna is dit Lexington toe, reguit na ons hotel toe. Ons bly luuks en word op die hande gedra en bederf met heerlike eetgoedjies, middernag roomys-eet-saamgesels-kuiers en 'n ontspanne 'bowling' uitstappie waar Riekie koning kraai.

Ons besoek 'n indrukwekkende resiesperd teelplaas, n pragtige ou-wêreldse saalperd stoetplaas en 'n kompeterende Morgan teelplaas. Soveel mooi perde, goeie perde, blink planne en warm gasvryheid het ons nog nooit beleef nie.

Die perdry kompetisie vind tydens 'n Morgan skou by die Kentucky Horse Park plaas - 'n plek enig in sy soort selfs in Amerika. Dit is enorm en bestaan uit verskeie buitenshuise sowel as binnenshuise arenas, stalle en kampe so ver as die oog kan sien. Daar besoek ons verskeie perde museums, wandel by resiesperd legendes verby en ry dan en wan op n golf karretjie tussen die stalle rond.

Die kinders kruip in ieder en elkeen se hart in, die perde kruip in die kinders se harte in en ek was teen die einde nie seker of ons 'n kaartjie vir Linda se perd moes bespreek of haar daar moes los nie!

Dit het baie goed gegaan met ons span: Linda Meintjes wen die Saddleseat afdeling. In die Dryfkuns behaal sy 'n tweede plek en Dedre Cloete 'n derde plek en algeheel kry die span 'n silwer medalje. Daar was hoogtepunte en laagtepunte tydens die toetse, maar dit was ook die geval vir die Morgan span en was die twee spanne baie gelyk en het ons kinders hulle skitterend van hul taak gekwyt.

Wat my vir baie lank sal bybly is die mense wat oor ons pad gekom het. Gayle, Byron, Lappies, Uncle Bob, Mr Treetrunk en soveel meer. Elke persoon met wie ons te doen gehad het se warmte, vriendelikheid en gasvryheid was oorweldigend. Ook die Morgan span se dogters met wie ons kinders goed bevriend geraak het tydens die week by hulle.

Ons laaste twee dae spandeer ons in Cincinatti en besoek Kings Island Water and Amusement Park. 'n Hele paar grense word verskuif en ons ry roller-coasters wat jou tone laat omkrul van lekkerkry. 'n Vinnige inkopie uitstappie in n winkelsentrum rond ons toer finaal af en dan is dit weer die lang pad terug.

Hierdie wonderlike ervaring het ons elkeen ryker teruggestuur, met sielspadkos en groot dankbaarheid in ons harte.

 

Annapatat huntseat

Annapatat huntseat

Ans en Lappies vermaak almal

Ans en Lappies vermaak almal

Atlanta se lughawe

Atlanta se lughawe

Bitter warm elke stal eie waaier

Bitter warm elke stal eie waaier

Bowling

Bowling

Dedre en haar perd

Dedre en haar perd

Dedre huntseat

Dedre huntseat

Die cowboy

Die cowboy

George en Gayle

George en Gayle

Hansman aan die oefen

Hansman aan die oefen

Kentucky Horse Park

Kentucky Horse Park

Kentucky Horse Park ritte

Kentucky Horse Park ritte

Kristen en haar perd

Kristen en haar perd

Kristen huntseat

Kristen huntseat

Kry ons aantrek kamer reg

Kry ons aantrek kamer reg

Linda en haar kampioen perd

Linda en haar kampioen perd

Linda saddleseat

Linda saddleseat

Linda se perd

Linda se perd

Nog staldiens

Nog staldiens

Ons aantrek stal

Ons aantrek stal

Ons skou arena en van die stalle

Ons skou arena en van die stalle

Opgedollie by die Morgan familie

Opgedollie by die Morgan familie

Peikniek en ontmoet almal daar

Peikniek en ontmoet almal daar

Perde museum

Perde museum

Perde vriende

Perde vriende

Piet en Petro en Riana kuier saam met ons

Piet en Petro en Riana kuier saam met ons

Riekie aan die oefen

Riekie aan die oefen

Saalperd museum

Saalperd museum

So skuif mens karretjies tussen stal kompleks

So skuif mens karretjies tussen stal kompleks

Totsiens op Jhb lughawe

Totsiens op Jhb lughawe

Staldiens

Staldiens

 

CONTACT US
   051 410 0958
    elize@studbook.co.za
         
SA Boerperd Society

COPYRIGHT © SABoerperd. WEBSITE, SEO & CMS BY QUICKSOLVE INTERNET