SA Boerperd | Youth Action

 

SA Boerperd Youth Action

Youth Council 2018

SA Boerperd Youth Council 2018

Youth Council 2017

SA Boerperd Youth Council 2017

 

Jeugraad 2017 Bekendstelling / Youth Board 2017 Introduction

 

MIA JOUBERT: HOOFMEISIE 2017

My naam is Mia Joubert en ek woon in Gauteng. Dit is vir my 'n voorreg om in 2017 Hoofmeisie van die Jeugraad te wees want ek is trots daarop om 'n ambassadeur van so 'n ongelooflike perderas soos die SA Boerperd te wees.

Die SA Boerperd het 'n baie spesiale plek in my hart want ek kan enige iets aanpak op die rug van my perd – maak nie saak of dit net ‘ ontspannende pretrit, of 'n hoogs kompeterende skou is nie.

Ek sien die toekoms van die SA Boerperd as 'n perderas wat vir alle kinders, jeug, volwassene en die ouer geslag geleenthede bied en wat nie sal huiwer om deur vuur vir hulle eienaars te loop nie.

My persoonlike doelwit vir 2017 op die Jeugraad is om 'n goeie voorbeeld vir die jeug en my mede-jeugraadslede te stel, asook om saam met hulle te werk om as 'n SA Boerperd span sukses te behaal.


MARNISE LAMBRECHTS: ONDERHOOFMEISIE 2017

My naam is Marnise Lambrechts en ek woon in Vanderbijlpark, Gauteng. Dit is vir my 'n voorreg om in 2017 Onderhoofmeisie van die Jeugraad te wees want dit skep die geleentheid om as deel van 'n span die SA Boerperd te bevorder en te bemark. Die groei van die SA Boerperd Jeug-Aksie is belangrik vir die Jeugraad en daarom wil ek graag aktief daarby betrokke wees.

Die SA Boerperd het 'n baie spesiale plek in my hart. Ek het die afgelope 4 jaar die geleentheid gekry om vir Goudhoek Willem te ry. In my oë is hy 'n ysterperd. Hy is hoofseunmateriaal met 'n hart van goud wat my stom geslaan het. Ek kon enige dissipline met hom aanpak – die ideale perd vir my. Hy het vir altyd 'n baie sagte plek in my hart. SA Boerperde is gewillige en hardwerkende perde met wonderlike persoonlikhede daarby.

Ek dink die doelwitte vir 2017 op die Jeugraad is om 'n groep te skep waar die jeug gemaklik kan wees en waar hulle verenig kan word om by te Boerperde het ʼn blink toekoms wat wag. Hulle is 'n uiters sterk en talentvolle ras wat die vermoë het om vir hulle 'n plek in die wêreld te maak. Vir my is hulle ook 'n pragtige ras wat in staat is tot baie meer as wat ons besef. Die SA Boerperde is 'n groeiende ras met die hart om dit vêr te bring.

My spesiale dra tot die bevordering van die ras by SA Boerperd skoue, sowel as gegradeerde skoue en SANESA. Ek onderneem om my beste te doen saam met die res van die Jeugraad.


ERIN ROBINSON: ELECTRONIC COMMUNICATION

My name is Erin Robinson and I live in Gauteng. Being a member of 2017 youth board awards me the opportunity to work with like-minded youth and share my passion for the SA Boerperd with other equestrian enthusiasts.

The SA Boerperd is special to me, because my first competitive horse was a SA Boerperd named Burgerstrots Gedenk. Gedenk has helped me to grow as a horsewoman and together we have had many adventures inside and out of the arena. He is versatile, kind and athletic - all things the SA Boerperd breed is known for.

I believe that in the future, the breed will grow in popularity and be the preferred mount of all riders, young and old. SA Boerperde are capable of competing successfully in the higher levels of all equestrian sporting disciplines and I hope that in a few years we will see more SA Boerperde excelling in higher level competitions.

As a member of the youth board I hope to inspire other young SA Boerperd enthusiasts and along with my fellow board members, encourage the SA Boerperd youth to be involved in our activities and to promote the breed to the horse riding community.


CARA KLINENBERG: NUWE LEDE

My naam is Cara Klingenberg en ek woon in KwaZulu-Natal. Dit is vir my ‘n voorreg om in 2017 op die Jeugraad te wees want ek leer so baie nuwe mense ken en voel baie meer deel van al die Aktiwiteite.

Die SA Boerperde het ‘n baie spesiale plek in my want hulle het die beste geaardheid en is baie liefdevol. Hulle kry nie maklik seer nie en leer baie maklik.

Ek sien die toekoms van die SA Boerperd as wenners in alle dissiplines want hulle is die veelsydigste perde.

My persoonlike doelwitte vir 2017 op die Jeugraad is om meer mense te kry om aan SA Boerperd skoue deel te neem. Dit is by vir seker vir my die lekkerste skoue saam met die beste perde.


SHANRI BOOYENS: SA BOERPERD SKOU GEBEURE / SOSIAAL

My naam Shanri Booyens en ek woon in Warden, Vrystaat. Dit is vir my 'n voorreg om in 2017 op die Jeugraad te wees want ek voel ek kan 'n verskil maak. Ek het 'n sterk persoonlikheid en is nie bang om my mening te deel of van mense te verskil nie. As dit kom by reëlings tref en uitvoer is ek 'n perfeksionis en doen my heel beste, maar ek luister ook graag na my mede-lede. Ek is 'n bok vir sports en hou daarvan om nuwe dinge te probeer.

Die SA Boerperd het 'n spesiale plek in my hart en is in my oë net die perfekte perd wat alles kan doen. Mense sal dit dalk nie verstaan tot hulle self 'n SA Boerperd gehad het nie. Die SA Boerperde is die rede waarom ek is wie ek is vandag. My hart klop pure Boerperd en ek sal hulle vir geen ander ras verruil nie. My perde is my lewe.

Ek sien die toekoms van die SA Boerperd as positief en vooruitstrewend. Daar is 'n groot groep jong SA Boerperd liefhebbers wat in die jare vorentoe na die SA Boerperd se toekoms sal omsien. Dit is die mees veelsydige perderas ooit.

My persoonlike doelwitte vir 2017 op die Jeugraad is om ander jong kinders te inspireer om deel van die Jeug-Aksie te wil wees. Ek wil graag probeer om 'n eenheid te skep tussen die jeug wat tradisioneel en universeel ry. Die kinders wat nie aan SANESA deelneem nie (dalk omdat dit net te vêr is), moet ook deel uitmaak van hierdie eenheid en uit voel nie. Ek wil graag sien dat ons ALMAL mekaar persoonlik beter sal leer ken sonder dat ons net van mekaar se prestasies weet.


CARLA CONRADIE – NUWE LEDE: WES-KAAP

My naam is Carla Conradie en ek woon in die Sutherland distrik, Wes-Kaap. Dit is vir my 'n eer om op 2017 se Jeugraad te wees, want ek is gelukkig om sulke wonderlikde kinders wat so lief is vir hulle SA Boerperde, in my span te hê. Om nou die leier van die Wes-Kaap Jeug-Aksie te wees, is vir my 'n groot voorreg want ek weet hoe baie ek opgesien het na my vorige leier, Michelle Gouws.

Die SA Boerperd het ʼn baie spesiale plek in my hart want van voor ek kon loop, was hulle al deel van my lewe. Ek het saam met hulle groot geword en ek kan eerlik sê dat deur al my ervaringe met ander perde rasse, die SA Boerperd my groot liefde bly. Hulle is altyd liefdevol en gewillig om te leer. As jy eers hulle vertroue gewen het, kan jy maar weet dis vir ewig. My liefde vir perde sou nooit daar gewees het as ek nie my SA Boerperd familie gehad het nie. Hulle is net die beste!

Ek sien die toekoms van die SA Boerperd as 'n tydperk vol nuwe geleenthede. As daar een ding is wat die SA Boerperd ons nou al geleer het, is dit dat hulle in BAIE verskillende dissiplines kan presteer, of dit nou in 'n skou-arena of die 'n dresseer-arena is. Dit is ons werk as SA Boerperd ruiters om die wêreld te wys waartoe ons SA Boerperde in staat is. Ons ras se toekoms hang van ons af.

My persoonlike doelwit vir 2017 op die Jeugraad is om daarna te streef om die beste moontlike leier vir my streek en ambassadeur vir my ras te wees. Alhoewel ons nie 'n groot Jeugraad span is nie, sal ons hard daaraan werk om meer aktiewe lede te werf. Ek sal vir altyd dankbaar wees aan Michelle vir die uitstekende voorbeeld wat sy vir ons was en steeds is.


FRANCI LOUWRENS - SA BOERPERD SKOUE / MPUMALANGA

My naam is Franci Louwrens ek bly op 'n plaas tussen Standerton en Leandra in Mpumalanga. Dit is vir my n eer om op die Jeugraad 2017 te wees want ek is trots en lief vir die SA Boerperd ras !!

My SA Boerperd het n baie spesiale plek in my hart want as ek in die veld na hom kyk kry ek hoedervleis, as ek op hom ry voel dit of ek kan vlieg en as hy sy warm asem in my nek blaas weet ek ek is tuis! Saam met my Boerperd is enige iets moontlik !! ♡ my beste vriend

Die toekoms vir SA Boerperde het baie moontlikhede. Hulle is slim en leer vinniger as ander rasse, met goeie beweging wat ons in staat stel om teen die beste te kompeteer . Boerperde is stadig maar seker besig om groter en hoër te word wat ons dadelik in die sportwêreld bevorder. Ek dink die Boerperde is die toekoms !!!

My doelwitte op die Jeugraad 2017 is om die Boerperd familie nog hegter te maak , vriendskappe te bou , my Boerperd trots te ry en dit te geniet !!🐴

 

 

Youth Council 2016

SA Boerperd Youth Council 2016

Related Documents

# Name Description
1. Youth Action Ambassadors Download the PDF Document
  Left click the document name to view the document or Right click the document name and Select Save Target as... to download the document to your computer.

 

CONTACT US
   051 410 0958
    elize@studbook.co.za
         
SA Boerperd Society

COPYRIGHT © SABoerperd. WEBSITE, SEO & CMS BY QUICKSOLVE INTERNET